Genoeg vir 4

Gaarmaaktyd: 30 minute

• 4 hoenderborsies, met vel en been

• 250 ml hoenderaftreksel

• 500 ml vars broodkrummels

• 100 ml olyfolie

• klein hand vol vars kruisement, gekap

• 250 g songedroogde tamaties, gekap

• 50 g amandels, grofgekap

• 500 g bevrore ertjies

• 200 g kersietamaties

• 4 knoffelhuisies, gehalveer

• sout en varsgemaalde swartpeper

• 20 g mikrokruie

Verhit oond tot 220 °C. Plaas hoenderborsies in ’n mikrogolfbak met deksel, voeg aftreksel by en stoom met deksel op vir 15 minute op 100% krag. Meng broodkrummels, 80 ml olyfolie, kruisement, songedroogde tamaties en amandels. Plaas hoenderborsies in oondbak, en skep broodkrummelmengsel bo-op elke borsie. Pak ertjies, kersietamaties en knoffel rondom borsies en sprinkel 20 ml olyfolie oor. Geur met sout en peper. Oondbraai sowat 15 minute tot gaar. Sprinkel mikrokruie oor.