(4 - 6 porsies)

  • sowat 60 ml olyfolie
  • 15 ml botter
  • 1,2 kg hoenderstukke
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 250 ml witwyn
  • sowat 10 vars tiemietakkies of 5 ml droë tiemie
  • 500 g pekeluitjies
  • 500 g groot sampioene
  • 2 heel knoffelbolle, gehalveer

Verhit oond tot 180 °C. Verhit olyfolie en botter saam in 'n pan. Braai hoender tot effens bruin. Pak hoender in 'n oondroosterbak en geur met sout en swartpeper. Gooi witwyn oor en voeg tiemie, uitjies, sampioene en knoffelbolle by. Oondrooster vir sowat 1 uur en 30 minute.

Om te drink: Nederburg Viognier is 'n goeie pasmaat.