6 GROOT MUFFINS – 30 MINUTE

• 240 g (430 ml) bruismeel

• 3 ml sout

• 10 ml bakpoeier

• 1 eier

• 225 ml melk

• 50 ml gesmelte botter

• 250 g sterk cheddarkaas, gerasper

Verhit oond tot 220 °C. Plaas meel, sout en bakpoeier in ’n mengbak. Klits eier en melk saam. Smelt botter in ’n mikrogolfoond en meet die presiese hoeveelheid af. Voeg die eier-en-melkmengsel saam met gesmelte botter by die meel. Moenie te veel meng nie. Voeg gerasperde kaas by en meng deur. Skep in ’n gesmeerde muffinpannetjie en bak vir 15 – 20 minute op die middelrak van jou oond. Sit voor met botter en jou gunsteling-konfyt – of eet dit net so, as jy wi.

KYK OOK: Vetkoek

Mielie-bierbrood