genoeg vir sowat 24

• 185 g (200 ml) botter

• 250 ml (210 g) strooisuiker

• 10 ml vanieljegeursel

• 10 ml fyn kaneel

• 1 heel eier

• 1 eiergeel

• 350 g (625 ml) koekmeel

Vulsel

• 200 g (250 ml) suiker

• 100 ml water

• 200 g pekanneute

• 115 g (125 ml) botter

• 260 g (500 ml) versiersuiker

Verhit oond tot 180 °C. Room botter, suiker, vanielje en kaneel met ’n elektriese menger tot lig en romerig in ’n middelslag-mengbak. Voeg eiers by en meng goed. Voeg meel by en meng tot ’n sagte deeg.Draai in kleefplastiek toe en laat rus in yskas vir 25 minute. Strooi dun lagie meel op werkvlak. Rol koue deeg met koekroller uit tot sowat 5 mm dik. Gebruik vierkantige 5 cmkoekiedrukker en druk vierkante uit. Sny elke vierkant in helfte.Voer bakplaat met bakpapier uit en spuit met kleefwerende kossproei. Plaas koekies op plaat en bak vir 10 – 12 minute of tot gaar. Laat afkoel. Vulsel Spuit ’n bakplaat met kleefwerende kossproei. Plaas suiker en water in middelslagpot. Bring tot kookpunt oor lae hitte.Verhoog hitte en laat kook vir 5 – 8 minute of tot goue karamel.

Voeg neute by en meng vinnig deur. Keer uit op plaat en laat afkoel tot hard. Plaas karamelneute in voedselverwerker en meng tot grof. Klits botter in elektriese klitser tot lig en romerig.Voeg versiersuiker by en meng goed. Voeg karamelneute by en meng. Skep lepels vol vulsel op helfte van koekies. Plak toe met ander helfte en druk vas.