genoeg vir 6 – 8

1 x 10 g-sakkie gelatien

30 ml water

1 x 200 g-pakkie karamel-

Tennis-koekies

100 g (110 ml) botter, gesmelt

1 x 500 g-sakkie Cremora

250 ml yswater

2 x 385 g-blikke kondensmelk

250 ml suurlemoensap

10 ml karamelgeursel

1 x 360 g-blik karamelkondensmelk

24 vars aarbeie

Sprinkel gelatien oor water en laat staan tot sponsagtig. Plaas koekies in voedselverwerker en pols by hoë spoed tot fyn. Voeg botter by en meng tot klam mengsel vorm. Spuit ’n 30 cm-losboom-ringpan goed met kleefwerende kossproei. Voer pan uit met klam koekiemengsel. Maak Cremora aan met yswater en plaas in elektriese menger se bak. Voeg kondensmelk by en klits by hoë spoed tot mengsel dik en romerig is, sowat 5 – 8 minute. Terwyl menger loop, gooi suurlemoensap geleidelik by en hou aan klits tot mengsel dik en romerig is. Voeg geursel by. Smelt geweekte gelatien in mikrogolfoond en voeg by mengsel. Meng goed. Voeg karamel-kondensmelk by en meng weer goed. Skep mengsel in uitgevoerde kors en laat stol sowat 2 – 3 uur in yskas. Verwyder ring van pan en plaas tert op opdienbord. Sny stingels van aarbeie af en pak met punt na bo op kors. Sit voor.