(genoeg vir 12 eiers)

  • 12 klein hol Paaseiers
  • 1 x 360 g-blik karamelkondensmelk
  • 100 ml esdoringstroop (maple syrup)

Hou ’n skerp mes in kokende water tot die lem warm is. Haal uit water en droog af. Sny die bokant van die eier oop. Meng kondensmelk en stroop saam tot gladde mengsel. Maak spuitsak daarmee vol en vul eiers met karamel. Sit voor in eierkelkies as nagereg met soetwyn of yskoue brandewyn daarby.