(6 - 8 porsies)

  • 280 g (500 ml) koekmeel
  • 30 ml strooisuiker
  • 155 g (170 ml) botter, in blokkies gesny
  • 30 ml yskoue water
  • 30 ml heuning
  • 400 g (500 ml) bruinsuiker
  • 100 ml water
  • 125 ml room
  • 300 g pekanneute

Verhit oond tot 180 °C. Meng meel, strooisuiker en botter in voedselverwerker tot die tekstuur van growwe broodkrummels. Gooi water by en meng tot 'n bal vorm. Draai toe met kleefplastiek en laat rus in yskas vir 10 minute. Rol deeg uit op 'n meelbestrooide oppervlak tot sowat 5 mm dik. Voer 'n 9,5 x 33 cm-tertpan met deeg uit en hou ekstra deeg eenkant. Prik deeg met 'n vurk en bak vir 10 minute of totdat dit begin verkleur aan die kante. Gooi heuning, bruinsuiker en water in 'n pan. Bring tot kookpunt terwyl jy roer. Hou op roer sodra dit kook. Kook suikermengsel vir 10 - 12 minute of totdat 'n donker karamel vorm. Verwyder van hitte en voeg room by. Meng met 'n lepel tot 'n gladde karamel. Gooi neute by en skud pan versigtig totdat

al die neute bedek is met karamel. Gooi warm neute in gebakte kors en laat afkoel. Rol ekstra deeg uit en plaas bo-op neute soos 'n pastei. Druk vas om die rande en sny deeg wat oorhang netjies af. Sny kruise bo-op. Bak vir 15 - 20 minute of tot goudbruin.