Dis ’n besondere koekie – die taai van die toffie saam met die bros van die koekie is

eenvoudig prefek.

Sowat 12 – 16 Koekies

• 80 g (85 ml) botter

• 40 ml heuning

• 40 ml gouestroop

• 5 ml karamelgeursel

• 70 g (90 ml) sagte bruinsuiker

• 240 g (430 ml) bruismeel

• 12 sagte toffies

Verhit oond tot 180 ºC. Smelt botter, heuning, stroop, geursel en suiker saam oor

lae hitte. Verwyder van hitte en laat effens afkoel. Gooi in ’n groot mengbak en voeg

meel by. Meng goed. Rol in klein balletjies van ongeveer 25 g elk. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit en spuit met kleefwerende sproei. Sit koekies op bakplaat met sowat 2 cm tussen elkeen. Druk effens plat met vinger tot sowat 5 mm dik. Plaas ’n toffie bo-op elke koekie en druk stewig vas. Bak 12 – 15 minute of tot goudbruin. Laat afkoel. Bêre in lugdigte houers.