(Sowat 14 Pannekoeke met deursnee van 10 cm)

  • 250 g (445 ml) koekmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • 10 ml suiker
  • 3 eiers
  • 500 ml karringmelk
  • 55 g botter, gesmelt

Sif meel, bakpoeier en suiker saam. Klits eiers, karringmelk en gesmelte botter saam. Maak ’n holte in middel van die droë bestanddele en voeg geklitste eiermengsel by. Klits goed om klonte te verwyder. Verhit ’n kleefvrye pan en skep ’n groot lepel vol van die beslag in die middel van die pan. Die pannekoeke is dikker as gewoonlik en sal langer bak. Bak sowat 2 – 3 minute aan weerskante. Hou warm. Sit voor saam met vanieljeroomys en esdoringstroop (maple).

Wenke vir pannekoek

  • Pannekoek-beslag moet taamlik vloeibaar wees, sodat dit maklik ’n dun lagie in die pan vorm.
  • Laat altyd jou beslag sowat 30 minute staan voor jy begin bak. Dit sal sorg dat die pannekoek nie taai is nie.
  • Gebruik ’n maatkoppie of sopskeplepel om elke keer dieselfde hoeveelheid beslag in die pan te gooi.
  • Hou pannekoek warm deur dit op ’n bord opmekaar te stapel en die bord dan oor ’n kastrol met kookwater te plaas. In ’n oond word pannekoek taai.