(6 – 8 porsies)

  • 140 g (250 ml) koekmeel
  • 5 ml koeksoda
  • 5 bakpoeier
  • 125 ml soetwyn
  • 60 ml melk
  • 3 eierwitte
  • kanola-olie vir diepbraai
  • 250 g vars kersies
  • versiersuiker om bo-oor te sif
  • 250 ml kersiejogurt

Sif koekmeel, koeksoda en bakpoeier saam. Voeg soetwyn en melk by en roer tot gladde beslag. Klits eierwitte tot sagte punte vorm en vou by mengsel in. Verhit kanola-olie tot warm. Doop kersies in beslag en laat ekstra beslag afloop. Sit in warm olie en braai 3 – 5 minute of tot goudbruin en bros. Dreineer op kombuispapier. Sif versiersuiker oor en sit voor met kersiejogurt.

Wenk

Jy kan ander vrugte ook in die beslag braai, bv. appelkwarte en perskeskywe.