8 porsies

  • 15 ml botter, om die bak te smeer
  • 250 g koekmeel
  • 125 ml strooisuiker
  • knypie sout
  • 4 eiers
  • 5 ml vanieljepasta
  • 500 ml gekookte melk, afgekoel
  • 30 ml Stroh-rum
  • 750 g kersies (of geskilde snytjies peer of perske, of pruimedante)
  • versiersuiker

Verhit oond tot 200 °C. Smeer ’n tertbak of enige mooi oondvaste bak met botter. Meng meel, strooisuiker en sout. Klop eiers een-een by. Voeg vanielje by. Vou melk en rum met ’n spatel of slaplemmes in. Rangskik kersies eweredig onderin die bak. Gooi beslag oor en bak vir 35 minute. Versier met gesifte versiersuiker en sit warm of afgekoel voor.