(8 – 10 porsies)

  • 500 ml melk
  • 45 ml heuning
  • 5 eiergele
  • 45 ml strooisuiker
  • 250 g bevrore kersies

Bring melk en heuning tot kookpunt oor lae hitte. Klits eiergele en strooisuiker saam. Gooi warm melkmengsel by eiergele en klits tot gemeng. Gooi mengsel terug in pot en plaas oor lae hitte. Gebruik ’n draadklitser en klits stadig terwyl die mengsel verhit en verdik, sowat 8 – 10 minute. Onthou, die mengsel moet nooit kook nie, anders skif dit. Sodra die warm mengsel die agterkant van ’n lepel bedek, moet jy dit oor die bevrore kersies gooi. Plaas die hele mengsel in ’n voedselverwerker en puree tot glad. Gooi in ’n vriesbestande bak en sit in vrieskas. Gebruik ’n draadklitser en roer elke 30 minute om kristalle te breek. Hou so aan tot die mengsel dik en byna heeltemal gevries is. Laat heeltemal vries.