genoeg vir 1 groot koek

  • 195 g (210 ml) botter
  • 410 ml water
  • 70 g (175 ml) kakao
  • 420 g (750 ml) koekmeel
  • 10 ml koeksoda
  • 10 ml bakpoeier
  • 600 g (710 ml) strooisuiker
  • 3 eiers
  • 190 ml karringmelk
  • 1 x 360 g-blik karamelkondensmelk
  • 100 g-boks sjokoladekrulle
  • 100 ml winkel-karamelsous (Caramel Treat)

Verhit oond tot 160 °C. Plaas botter, water en kakao in middelslag-pot en bring tot kookpunt. Roer tot botter gesmelt het. Laat afkoel tot louwarm. Sif meel, koeksoda en bakpoeier saam in ’n mengbak. Hou eenkant. Voeg suiker, eiers en karringmelk by kakaomengsel en roer tot glad. Gooi by droë bestanddele en meng tot gladde beslag vorm. Voer 5 x 20 cmlosboompanne uit met bakpapier en spuit goed met kleefwerende kossproei. Verdeel beslag tussen die 5 panne – dis nie baie beslag nie, maar elke pan is een laag van die koek. Jy kan die beslag ook in 2 x 30 cm-koekpanne bak en die lae dan middeldeur sny dat daar 4 lae is. Bak 20 – 25 minute of tot toetspen skoon uitkom. Keer uit op afkoelrak en laat afkoel. Plaas eerste laag koek en wissel af met karamel, sjokoladekrulle en karamelsous.