Jy gebruik min heuning om dié smaaklike lekkers te maak.

genoeg vir 24

• 30 ml gelatien

• 125 ml koue water

• 500 ml xylitol

• 125 ml kookwater

• 45 ml heuning

• 10 ml vanieljegeursel

• 250 ml fyn klapper

Sprinkel gelatien oor koue water. Laat staan 5 minute. Skep in elektriese menger se bak saam met xylitol, kookwater, heuning en vanielje. Klits 10 minute by hoë spoed of tot dik en skuimerig. Skep mengsel in bak van 30 x 20 cm wat gespuit is met kleefwerende kossproei. Smeer gelyk bo. Laat stol 2 uur in yskas.

Rooster klapper sowat 2 minute oor lae hitte in braaipan tot dit goudbruin is – roer deurentyd. Keer malvalekkers uit op kapplank en sny in groot blokke met skerp mes. Rol in geroosterde klapper en sit voor.