sowat 1 liter roomys

  • 8 eiergele
  • 125 g (155 ml) suiker
  • 1 blik (400 ml) klappermelk
  • 250 ml room
  • 80 g (250 ml) droë klapper

Klits eiergele en suiker saam tot lig en romerig. Verhit klappermelk tot net voor kookpunt. Voeg die warm klappermelk stadig by die geklitste eier terwyl jy dit steeds klits. Die rede hoekom jy die warm melk so byvoeg en klits, is sodat die eiermengsel nie skif nie. Gooi die mengsel terug in ’n kastrol en plaas terug op stoof oor baie lae hitte. Verdik die vla tot dit die agterkant van ’n houtlepel bedek, terwyl jy heeltyd roer. Gooi vla uit in ’n ander bakkie en plaas ’n stuk kleefplastiek bo-op. Plaas in yskas tot koud. Klits room styf. Vou room in vla en dan die klapper in die koue mengsel. As jy ’n roomysmasjien het, volg die aanwysings. ’n Ander metode is om die roomys in ’n vlak bak te gooi en in jou vrieskas te plaas. Gee dit ná sowat ’n uur ’n goeie roer met ’n vurk om die yskristalle af te breek. Herhaal hierdie proses tot die roomys gevries is.