(4 x 10 cm-koeke)

  • 65 g (200 ml) fyn klapper
  • 250 ml melk
  • 400 g (715 ml) koekmeel
  • 20 ml bakpoeier
  • 1 ml sout
  • 4 eiers
  • 5 ml amandelgeursel
  • 320 g (400 ml) suiker
  • 240 g (260 ml) botter
  • 100 g klappervlokkies, om te versier

Week klapper in melk vir 1 uur. Verhit oond tot 180 °C. Sif meel, bakpoeier en sout saam. Voeg bestanddele in dié volgorde bymekaar in elektriese menger: eiers, geursel, melk-en-klapper,

suiker, meelmengsel, botter. Klits goed vir 2 minute. Skep in die gesmeerde koekpanne op bl. 40 of een 23 cmlosboom- koekpan en bak vir 25 - 30 minute. Keer uit, strooi klappervlokkies oor en sit voor, nog effens warm, met styfgeklopte room.