(12 klein frittatas)

  • sowat 30 ml botter
  • 8 eiers
  • 150 ml melk
  • 225 g fetakaas, gekrummel
  • 100 g gruyère-kaas, gerasper (of vervang dit met cheddar)
  • 100 g pecorino-kaas, gerasper (of vervang dit met cheddar)
  • hand vol vars basiliekruidblare, gekap
  • varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 15 ml botter
  • 100 g dun aspersies

Verhit oond tot 150 °C. Smeer 12 muffinpanne (volume 100 ml elk) met botter. Klits eiers en melk saam. Voeg kase by en meng goed. Voeg basiliekruid by en meng goed. Geur met swartpeper. (Geen sout nie - die kase het genoeg.) Verdeel mengsel tussen muffinpanne. Bak vir 15 minute. Smelt botter en braai aspersies vir sowat 5 minute tot nog effens bros. Hou eenkant warm. Skakel oond se roosterelement aan en rooster frittatas vir 5 minute. Haal uit en laat vir so 5 minute rus voordat jy dit uit pannetjies haal. Sit voor met gebraaide aspersies.