Verspot maklik. Koop brooddeeg by jou supermark. Bak die broodjies in klein emmertjies of bakkies. Elke gas kry sy eie klein broodjie.

Genoeg vir 6

  • 500 g winkelbrooddeeg
  • 50 g botter
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 30 ml fyngekapte pietersielie
  • 6 klein takkies roosmaryn

Verhit oond tot 200 °C. Rol deeg sowat 3 cm dik uit op meelbestrooide oppervlak. Smelt botter, knoffel en pietersielie saam. Smeer bo-op deeg en rol op. Sny deeg in 6 stukke. Plaas opgerolde deegstukke in gesmeerde emmertjies of klein bakkies. Laat rys sowat 1 uur. Druk roosmaryntakkie bo-op en plaas in warm oond. Bak sowat 35 minute. Om seker te maak jou broodjies is gaar, klop bo-op. As daar ‘n hol geluid is, is die broodjies reg. Sit warm voor so in die emmertjies saam met die res van die voorgeregte.