6 porsies

  • 90 g (100 ml) sagte botter
  • 90 g (112 ml) sagte bruinsuiker
  • 2 eiers
  • 120 g fyn amandels
  • 40 g (70 ml) koekmeel
  • 1 ml bakpoeier
  • 3 vars koejawels, geskil en gehalveer
  • 30 ml sagte bruinsuiker
  • 50 g pistasieneute
  • versiersuiker vir oorsif

Verhit oond tot 160 ºC. Room botter en bruinsuiker saam tot lig en romerig. Voeg eiers, amandels, meel en bakpoeier by. Meng goed. Skep deeg in ’n gesmeerde losboom-quiche-pan van

35 x 10 cm. Smeer deeg eweredig. Pak koejawel-helftes in die middel af met gesnyde kante na onder. Druk koejawels in deeg in. Strooi 30 ml bruinsuiker bo-oor. Bak vir 35 – 40 minute. Laat afkoel en versier met pistasieneute en gesifte versiersuiker.