(genoeg vir sowat 15 koekies)

  • 185 g (200 ml) botter
  • 210 g (250 ml) strooisuiker
  • 20 ml baie sterk koffie (of koffiegeursel)
  • 1 heel eier
  • 1 eiergeel
  • 350 g (625 ml) koekmeel

Vulsel

  • 210 g (250 ml) strooisuiker
  • 115 g (125 ml) botter
  • 25 ml koffiepoeier
  • 25 ml kookwater
  • 75 ml melk

Verhit oond tot 180 °C. Room botter, suiker en koffie met elektriese menger tot lig en romerig in ’n middelslagmengbak. Voeg eiers by en meng goed. Voeg meel by en meng tot sagte deeg. Draai in kleefplastiek toe en laat rus in yskas vir 25 minute. Strooi dun lagie meel op werkvlak. Rol koue deeg met koekroller uit tot sowat 5 mm dik. Sny in sirkels met 5 cm-koekiedrukker. Druk met sosatiestok se agterkant 5 gaatjies in elke sirkel. Plaas op plaat wat met kleefwerende sproei gespuit is en bak vir 12 – 15 minute of tot goudbruin en gaar.

Vulsel

Plaas al die bestanddele in pot en bring tot kookpunt terwyl jy heeltyd met houtlepel roer. Kook vir 8 minute terwyl jy dit roer. Haal van stoof af en klop met houtlepel tot koud en dik, romerige mengsel. Skep lepels vol op helfte van koekies en plak toe met ander helfte.Laat stol tot hard.