(12 kolwyntjies)

  • 3 eiers
  • 175 g (200 ml) strooisuiker
  • 175 g (312 ml) bruismeel
  • 175 g botter, sag en by kamertemperatuur
  • 5 ml vanieljegeursel

Verhit jou oond tot 180 ºC. Voer ’n kolwyntjiepan met papierbakkies. Plaas al die bestanddele in die mengbak van jou elektriese menger. Klits vir 3 - 4 minute. Skep die mengsel in die papierbakkies en bak vir sowat 15 minute tot gaar. Haal uit en laat afkoel voor jy versier.

Versiersel

  • 200 g (220 ml) botter, saggemaak
  • 200 g (380 ml) versiersuiker, gesif
  • 30 ml melk
  • pienk voedselkleursel

Dis die maklikste om versiersel in ’n elektriese menger te maak. Meng die sagte botter en versiersuiker goed saam. Voeg die melk by en meng goed. Kleur die versiersuiker met ’n klein bietjie voedselkleursel. Smeer versiersel bo-op die kolwyntjies en versier met blomme en versierballetjies van jou tiener se keuse.