(sowat 1,5 liter roomys)

  • 1 liter room
  • 2 blikke (385 g elk) kondensmelk
  • 2 ml vanieljegeursel

Klits die room effens styf. Roer kondensmelk en vanieljegeursel by. Meng goed. Gooi mengsel in 'n houer wat jy in die vrieskas kan sit. Vries die roomys oornag. Sit voor saam met gekoopte wafels en stroop.