Niks is so lekker soos ’n vars doughnut nie – en dis makliker as wat jy dink.

Sowat 14

• 1 kg winkelbrooddeeg

• 750 ml sonneblomolie

• 1 blik (450 g) fyn appelkooskonfyt

• versiersuiker om oor te sif

Stap 1. Rol deeg sowat 1,5 cm dik uit op ’n meelbestrooide oppervlak. Druk sirkels uit met ’n koekieuitdrukker van so 6 cm in deursnee. Plaas op bakplaat wat uitgevoer is met bakpapier.

Stap 1

Stap 2. Laat staan op warm plek en laat rys tot dubbel die volume.

Stap 2

Stap 3. Verhit sonneblomolie in ‘n diep kastrol. Gebruik ’n klein stukkie afvaldeeg om te toets of die olie reg is. As die stukkie deeg onmiddellik begin dryf en braai, is die olie reg. As dit te vinnig braai, kan jy die temperatuur verlaag. Braai so 3 doughnuts op ‘n slag. Draai dit deurentyd om sodat dit rondom goudbruin braai. Dreineer op kombuispapier wanneer dit reg is.

Stap 3

Stap 4. Laat afkoel. Vul ‘n spuitsak met konfyt. Maak ‘n klein snytjie aan die kant van elke doughnut en spuit konfyt in. Sif versiersuiker oor en sit voor.

Stap 4