Koek

  • 280 g (500 ml) koekmeel
  • 70 g (180 ml) kakao
  • 7 ml bakpoeier
  • 10 ml koeksoda
  • knippie sout
  • 400 g (500 ml) suiker
  • 2 eiers
  • 250 ml melk
  • 125 ml kookolie
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 250 ml sterk koffie

Versiersel

  • 80 g (90 ml) sagte botter
  • 70 g (180 ml) kakao
  • 260 g (500 ml) versiersuiker
  • 60 ml sterk koffie

Sif bestandeleGooi koffie by
1.Verhit oond tot 180 °C. Voer twee

20 cm-koekpanne met bakpapier uit en

spuit goed met kleefwerende kossproei. Sif

meel, kakao, bakpoeier, koeksoda en sout

saam in ’n groot mengbak. Voeg suiker by

en roer deur met ’n houtlepel.

2. Klits eiers, melk, olie en vanieljegeursel in

aparte mengbak. Voeg by droë bestanddele.

Gooi koffie by.

Klits goed vir 2 minuteVerdeel mengsel tussen twee panne
3. Klits goed vir 2 minute tot

romerige, gladde mengsel.

4.Verdeel mengsel tussen die twee panne

en plaas op middelste oondrak. Bak vir

35 – 40 minute of tot ’n toetspen skoon

uitkom. Laat in pan afkoel en keer uit.

Sien “Versier só” onder.

Versier só

Plaas bestanddele vir versiersel in elektriese menger se bak en klits op hoë spoed tot gladde mengsel. Sny bokant van koeke met ’n riffelmes gelyk. Skep versiersel in spuitsak met 1 cm-tuit. Plaas eerste koek gesnyde kant na bo op koekbord. Spuit helfte van versiersel op die koek en smeer gelyk. Plaas tweede koek bo-op  gesnyde kant na onder. Spuit res van versiersel boop en smeer gelyk. Bêre in lugdigte houer.

Het jy ’n wen-koekresep?

Stuur dit vir ons, sê waar dit vandaan kom en verklap iets oor die storie. Kies Herman dit as een van ons bestes, wen jy ’n jaar se intekening op SARIE. Stuur jou resep na herman.lensing@sarie.com