(maak 50 klein koekies)

  • 4 groot eierwitte
  • 300 ml (250 g) strooisuiker (vanieljegegeurde strooisuiker kan ook gebruik word)
  • 250 g haselneute (of ½ haselneute en ½ amandels), liggerooster en grofgekap

Voorverhit die oond tot 160 °C. Voer 2 bakplate met bakpapier uit. Klits die eierwitte liggies in 'n vuurvaste bak. Voeg die suiker bietjie vir bietjie by terwyl aanhoudend geklits word. Klits totdat die mengsel styf, blink en glad is. Roer die gekapte neute by. Plaas die bak met die meringuemengsel 15 minute lank oor 'n kastrol met water wat liggies kook en roer aanhoudend. Die mengsel sal dikker word en in volume verminder. Skep klein hopies meringue-mengsel op die voorbereide bakplate. Bak 30 - 40 minute lank of tot die koekies aan die buitekant uitgedroog en strooibruin is. Laat dit afkoel en bêre in 'n lugdigte koekblik.