Lewer 350 g meel

  • 85 g (125 ml) aartappelstysel
  • 1 ml sout
  • 170 g (240 ml) rysmeel
  • 100 g (250 ml) tapioka-meel

Sif al die bestanddele drie keer saam om dit goed te meng. Bêre in lugdigte houer.

Gluten in gebak

Wanneer gewone koekof broodmeel met water gemeng word, swel die stysel en gluten en die beslag word “dik”. Gebak wat jy met glutenvrye meel maak, is meer loperig as waaraan jy dalk gewoond is. Maar dis reg so!