STAP VIR STAP:

10 skons

• 480 g (860 ml) bruismeel

• 1 ml sout

• 2 eiers

• 250 ml melk

• 50 ml sonneblomolie

• ekstra eier om op skons te verf

• 250 ml room

• jou tuisgemaakte aarbeikonfyt

Stap 1. Verhit oond tot 180 °C. Sif meel en sout saam. Klits eiers, melk en olie saam in ’n aparte bak.

Stap 1 Stap 1

Stap 2. Maak ’n holte in die middel van die meel en voeg eiermengsel by. Meng deur met ’n mes tot deeg vorm.

Stap 2 Stap 2

Stap 3. Sprinkel meel op werkoppervlak. Plaas deeg bo-op en meng dit versigtig verder, maar pas op dat jy nie die deeg oorwerk nie. Gebruik ’n 6,5 cm-koekie-uitdrukker om skons uit te druk.

Stap 3 Stap 3

Stap 4. Plaas op bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is. Klits 1 ekstra eier en verf skons met kwassie. Bak in warm oond vir 15 – 20 minute. Klits room styf, en sit skons warm voor met botter, room en jou aarbeikonfyt.

Stap 4 Stap 4