Sowat 30 lekkers

  • 400 g (500 ml) suiker
  • 100 ml water
  • 8 gelatienvelle
  • sowat 200 ml water
  • 1 ml sout
  • 5 ml vanielje-ekstrak
  • pienk voedselkleursel
  • gesifte versiersuiker

Gooi suiker en 100 ml water in ’n kastrol. Verhit oor lae hitte en roer tot suiker opgelos is. Die suiker moet opgelos wees voordat die stroop begin kook. Kook stroop tot 120 °C. Week gelatien in die 200 ml water vir so 5 minute. Druk water uit. Plaas geweekte gelatienvelle in ’n bakkie wat in mikrogolfoond kan gaan. Smelt gelatien in mikrogolfoond teen lae temperatuur vir 2 minute. Gooi gesmelte gelatien in ’n elektriese menger se bak en klits terwyl jy die stroop in ’n dun straaltjie byvoeg. Voeg sout, vanielje-ekstrak en kleursel by. Klits vir sowat 10 – 15 minute tot lig en koud. Skep groot lepels vol op ’n bakplaat wat uitgevoer is met gesmeerde bakpapier. Plaas in yskas tot styf. Wanneer die malvalekkers styf is, rol elkeen in versiersuiker. Hou in ’n lugdigte houer.