Genoeg vir 1 pizza

• 1 pizza-basis

• 125 g gerasperde mozzarella-kaas

• 2 knoffelhuisies, fyngekap

• olyfolie om oor te sprinkel

• sout en varsgemaalde swartpeper

• 40 g baba-botterblaarslaai

Verhit oond tot 230 °C. Plaas pizza-basis op ’n bakplaat. Sprinkel mozzarella-kaas bo-op. Sprinkel fyngekapte knoffel bo-op en sprinkel ’n klein bietjie olyfolie bo-oor. Geur met sout en peper. Plaas in oond en bak 10 – 12 minute. Haal uit. Sprinkel bietjie olyfolie oor slaaiblare en plaas blare in middel van pizza.