Gebruik ’n ronde losboom-koekpan van so 20 cm.

  • 300 g donkersjokolade
  • 350 g (380 ml) botter
  • 4 eiers, geskei
  • 220 g (260 ml) strooisuiker
  • 300 g okkerneute, fyngekap

Verhit jou oond tot 160 ºC. Voer pan uit met bakpapier en smeer of spuit dit goed. Smelt sjokolade en botter saam in ’n bak oor kookwater. Klits eiergele en strooisuiker saam tot lig en romerig. Voeg die sjokolade-bottermengsel daarby. Vou okkerneute in. Klits eierwitte styf en vou in. Gooi mengsel in die pan en plaas op ’n bakplaat. Bak vir 10 minute. Draai oond af na 150 ºC en bak verder vir 1 uur en 15 minute. Laat afkoel in die pan. Sif versiersuiker bo-op vir die mooi.

Sit voor met frambose.