(genoeg vir 6)

  • 350 ml melk
  • 250 ml room
  • 10 ml koffiegeursel
  • 6 eiergele
  • 70 g (125 ml) melasse-suiker (treacle sugar)

Bring melk, room en koffiegeursel tot kookpunt oor matige hitte. Verwyder van hitte. Klits eiergele en suiker saam tot lig en romerig. Gooi warm melk by eiermengsel en roer tot gemeng. Gooi mengsel terug in pot en roer met houtlepel oor matige hitte tot die mengsel die agterkant van die lepel bedek, sowat 5 – 8 minute. Pas net op dat die mengsel nie kook nie, want dit sal skif. Gooi mengsel in skoon bak en sit in yskas tot yskoud. Gooi mengsel in roomysmasjien en volg die instruksies. As jy nie een het nie, maak só: Gooi mengsel in vriesbestande plat bak. Plaas in vrieskas en roer elke 20 minute deur. Hou so aan tot mengsel dik en romerig is. Sit balle roomys voor met sjokolade of sterk koffie