Genoeg vir 6 – 8

• 15 eierwitte

• 5 ml sout

• 5 ml kremetart

• 250 g (280 ml) strooisuiker

• 10 ml karamelgeursel

• 250 ml goue stroop

• laktosevrye eiervla vir voorsit

Verhit oond tot 150 °C. Plaas eierwitte, sout en kremetart in elektriese menger se bak. Klits by hoë spoed tot mengsel sagte punte vorm. Hou aan klits terwyl jy suiker geleidelik byvoeg. Klits deurentyd tot mengsel blink en styf is, sowat 5 minute. Vou karamelgeursel in. Spuit metaal-ringpan met volume van 3 liter goed met kleefwerende kossproei. Skep meringue-mengsel in pan en smeer gelyk bo. Plaas pan in oondbraaipan. Gooi kookwater in oondbraaipan tot so halfpad teen die pan se rand op. Plaas in oond en bak meringue-mengsel 90 minute of tot opgepof en goudbruin. Haal uit oond en laat afkoel – die meringue sal terugsak. Keer uit op opdienbord. Verhit goue stroop tot loperig en gooi oor meringue-koek. Gooi vla oor en sit voor.