(sowat 12 - 16 kolwyntjies)

  • 170 g (300 ml) koekmeel
  • 20 ml bakpoeier
  • 5 ml sout
  • 4 eiers, geskei
  • 20 ml karamelgeursel
  • 210 g (250 ml) strooisuiker
  • 125 ml sonneblomolie
  • 125 ml kookwater

versiersel

  • 200 g (250 ml) witsuiker
  • 45 ml water
  • 2 eierwitte
  • 1 x roomkaasversiersel (versiersel)
  • pienk kleursel

Verhit oond tot 180 °C. Sif meel, bakpoeier en sout saam. Klits eiergele, geursel en strooisuiker tot lig en romerig. Voeg olie en kookwater by terwyl jy klits. Vou droë bestanddele in. Klits

dan eierwitte tot sagte punte vorm en vou ook in. Voer kolwyntjiepannetjies uit met papierbakkies en spuit met kleefwerende sproei. Verdeel mengsel tussen bakkies en plaas in warm oond. Bak vir 20 - 25 minute of tot goudbruin en 'n toetspen skoon uitkom. Laat afkoel. Bring suiker en water oor lae hitte tot kookpunt in 'n mediumgroot kastrol. Laat prut vir 8 minute sonder om te roer. Klits intussen die eierwitte tot sagte punte vorm. Gooi dan warm stroop stadig byeierwitte terwyl jy klits. Hou aan klits tot koud en dik. Kleur roomkaasversiersel en smeer 'n dun lagie bo-op elke kolwyntjie. Vul spuitsak met meringue en spuit 'n roset bo-op. Gebruik 'n blaasvlam en brand bruin.