Genoeg vir 8 – 10

• 280 g (500 ml) koekmeel

• 1 ml sout

• 10 ml bakpoeier

• 1 gaar mielie, aan die stronk

• 250 ml melk

• 2 eiers

• 200 g (220 ml) botter, gesmelt

• 400 g cheddarkaas, gerasper

• 45 ml Marmite

• 55 g (60 ml) botter

Stap 1. Verhit oond tot 180 °C. Sif meel, sout en bakpoeier saam. Sny mieliepitte van stronk af en meng met gesifte meel.

Stap 1 Stap 1

Stap 2. Klits melk en eiers saam.

Stap 2 Stap 2

Stap 3. Voeg melkmengsel, gesmelte botter en kaas by meelmengsel. Meng goed deur en skep in ’n goed gesmeerde oondbak van sowat 30 x 20 cm. Plaas in oond en bak tert sowat 30 minute. Druk ’n dun pennetjie in die middel van die tert. As dit droog uitkom, is dit gaar.

Stap 3 Stap 3

Stap 4. Smelt intussen die Marmite en 55 g botter saam in ’n kastrol. Gooi dié mengsel onmiddellik oor die tert sodra dit uit die oond kom. Laat staan totdat dit heeltemal ingetrek.

Stap 4 Stap 4