(sowat 24 stafies)

  • 140 ml heuning
  • 150 g (190 ml) bruinsuiker
  • 30 ml botter
  • 50 g sesamsaad
  • 100 g sonneblomsaad
  • 100 g okkerneute, grofgekap
  • 100 g rosyntjies
  • 300 g (245 ml) hawermout
  • 100 g 70%-sjokolade, gesmelt
Meng heuning, bruinsuiker en botter saam in 'n mediumgroot pot. Bring tot kookpunt en laat stadig prut vir sowat 10 minute. Roer elke minuut om te voorkom dat dit brand. Voer 'n pan (23 x 32 cm) uit met bakpapier en spuit met kleefwerende sproei. Verwyder heuningstroop van hitte en voeg sade, neute, rosyntjies en hawermout by. Meng vinnig en deeglik. Druk mengsel stewig in pan vas terwyl dit nog warm is. Sit bakpapier bo-op, gevolg deur nog 'n bakplaat. Sit swaar items soos blikkieskos in die boonste plaat sodat dit stewig ondertoe druk. Laat mengsel afkoel. Keer uit en sny in stafies so groot soos jy verkies. Sit op afkoelrak en gooi gesmelte sjokolade in strepe oor. Laat afkoel. Bêre in lugdigte houers. Wenk: Die mengsel sal dalk droog lyk as jy die stroop byvoeg, maar dis reg. Meng net deeglik.