4 porsies

  • 1 vel blaardeeg
  • 100 g gladde maaskaas
  • 80 g pecorino-kaas, fyngerasper
  • 4 groot murgpam-poentjies, in skyfies gesny
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 30 ml olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit oond tot 200 °C. Sit blaardeeg op ’n uitgevoerde bakplaat. Vou rande van deeg so 2 cm na binne. Smeer maaskaas oor deeg. Sprinkel helfte van pecorino-kaas oor. Meng murgpampoentjies, knoffel en olyfolie in ’n bak. Geur met sout en swartpeper. Rangskik murgpampoentjie-skyfies bo-op maaskaas en sprinkel res van pecorino oor. Bak vir 45 minute totdat deeg gaar is. Sit warm voor.