Vrydagaande was my pa se beurt om te kook – meestal dié ribbetjies

(4 – 6 Porsies)

• 600 g vark- of beesribbetjies

• sout en varsgemaalde swartpeper

• 4 knoffelhuisies, fyngekap

• 45 ml olyfolie

• 15 ml fyn naeltjies

• 1 blikkie (340 ml) lager-bier

• 250 ml tamatiesous

• 125 ml appelkooskonfyt

• sap en skil van 3 suurlemoene

Verhit oond tot 220 °C. Plaas ribbetjies op bakplaat en geur goed met sout en peper. Sprinkel knoffel en olie oor. Gooi naeltjies en bier oor. Maak toe met tinfoelie en bak 2 uur of tot vleis sag en gaar is. Gooi pansous uit in skoon pot. Voeg res van bestanddele by en meng goed. Gooi oor vleis en plaas terug in oond. Oondbraai oop vir 20 – 25 minute of tot ribbetjies goudbruin en taai is.