genoeg vir 2

Gaarmaaktyd: 20 minute

• 500 g gaar oorskiet-aartappelwiggies

• 1 x 200 g-bottel tamatiesalsa (sous)

• 250 g cre`me frai^che (suurroom)

• 100 g cheddarkaas, gerasper

Tamatie-En-Avokado- Salsa

• 2 tamaties, in blokkies gesny

• 1 avokado, in blokkies gesny

• 1 rooi brandrissie, fyngekap

• 1 knoffelhuisie, fyngekap

• sap van 1 suurlemoen

• 30 ml olyfolie

• sout en varsgemaalde swartpeper

• hand vol vars koljander, grofgekap

Verhit oond tot 200 °C. Pak aartappelwiggies in ’n oondbak en gooi gebottelde tamatiesalsa oor. Skep lepels vol van die suurroom bo-op en sprinkel gerasperde cheddarkaas oor. Plaas in oond vir sowat 20 minute tot kaas gesmelt en bruin van kleur is. Meng al die bestanddele vir tamatie-en- avokado-salsa behalwe die koljander. Geur met sout en peper. Skep salsa op gebakte aartappels en sit voor met vars koljander.