(16 stafies)

  • 100 ml heuning
  • 400 g (500 ml) suiker
  • 200 g (500 ml) ongesoute grondboontjies
  • 100 g (250 ml) heel gepelde amandels
  • 250 g (416 ml) sesamsaad

Voer ’n pannetjie van so 27 x 17 cm met bakpapier uit. Smelt heuning en suiker saam oor lae hitte. Hou aan roer tot suiker gesmelt is en laat dan kook tot ’n ligte karamelkleur. Haal van die hitte af en voeg grondboontjies, amandels en sesamsaad by. Meng baie goed deur. Gooi die mengsel in die uitgevoerde plaat en druk plat. Sny die stafies voor dit te hard word. Laat afkoel in die pannetjie en keer uit wanneer hard en afgekoel.