(6 porsies)
Kors

  • 1 pak pepermentgeursjokoladekoekies
  • 55 g (60 ml) botter,  gesmelt

Kap koekies fyn in voedselverwerker. Voeg botter by en meng goed. Druk mengsel in bak van sowat 20 cm wat so 6 cm diep is. Hou eenkant.

Vulsel

  • 3 gelatienvelle of 10 ml droë gelatien
  • 1 blik karamel
  • 250 g mascarponekaas
  • 250 ml room
  • 200 g pepermentsjokolade, gerasper

Week gelatienvelle in koue water vir so 5 minute. Plaas karamel in mengbak en roer tot glad. Voeg mascarpone-kaas by en klop goed. Klop room styf en vou in mengsel in. Vou gerasperde sjokolade in. Smelt gelatien oor kookwater of in mikrogolfoond. Voeg by mengsel en meng goed. Gooi in uitgevoerde bak en laat oornag stol in yskas. Sit voor met sjokolade-krulle as jy wi.