Hemelse sjokoladehappies

Lewer sowat 15

Plaas 300 g gebreekte 70%-donkersjokolade in ‘n mengbak. Smelt oor ‘n kastrol met kookwater wat van die stoofplaat afgetrek is. Sny 200 g nougat in klein blokkies en plaas saam met 200 g ongesoute kasjoeneute in ‘n mengbak. Gooi gesmelte sjokolade oor en meng goed. Laat staan sowat 1 minuut en skep lepels vol op ‘n bakplaat wat uitgevoer is met bakpapier. Laat heeltemal koud en hard word.