(8 dye)

porsiegrootte: 2 dye

  • 8 vellose hoenderdytjies (800 g)
  • sout en peper
  • ±30 ml koekmeel
  • 5 - 10ml olyf- of avokado-olie
  • 1 middelslag- rooi soetrissie, ontpit, fyngekap (150 g)
  • 100 g gekapte ui
  • 90 ml soet brandrissiesous
  • 30 ml blatjang
  • 60 ml All Gold Lighttamatiesous
  • 30 ml worcestersous
  • 150 ml kookwater

  1. Verhit oond tot 180°C.
  2. Geur hoenderdye met sout en peper en rol in koekmeel, skud oortollige meel af en plaas in 'n enkellaag teenmekaar in 'n gesmeerde oondpan.
  3. Verhit olie in braapan. Voeg soetrissie en ui by en roerbraai tot ui deurskynend is. Meng die rissiesous, blatjang, tamatiesous, worcestersous en kookwater. Roer die sous by die gebraaide mengsel en laat kook. Skep die sous oor die hoender.
  4. Bak vir 1¼ - 1½ uur tot die hoender sag en gaar is. Voeg 'n bietjie kookwater by die sous indien dit te vinnig verdik.

VARIASIES EN OPMERKINGS:

  • SPYSKAART-IDEE 1

Oondgebakte hoender

Bruinrys met lensies

Ertjies OF jong groenboontjies

  • SPYSKAART-IDEE 2

Oondgebakte hoender

Lae-GI-sadebrood

Groenslaai (Gemengde slaaiblare, komkommer, boontjiespruite, swart olywe)

VOEDINGSTOF-ANALISE PER PORSIE

GI laag (23)

  • 1 607 kJ koolhidrate 20g Vesel 3,7g proteïene 42g
  • vet 13g MoVs 5,4g poVs 2,8g cholesterol 127 mg
  • 2 hoenderdye (sonder res van spyskaart-idee) is gelykstaande aan:

    4 laevet-proteïene + 1stysel + 1 groente

  • 1 hoenderdy (sonder res van spyskaart-idee) is gelykstaande aan:

    2 laevet-proteïene + ½ stysel + ½ groente