Genoeg vir 4 – 6

• 5 aartappels

• sowat 100 ml olyfolie

• 3 takkies vars roosmaryn

• sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 220 °C. Sny aartappels

met skil en al in baie dun ronde skywe.

Pak in ’n groot genoeg oondpan.

Gooi olyfolie oor en pak roosmaryn

bo-op. Geur met sout en peper.

Oondbraai sowat 1 – 1½ uur in warm

oond tot bros. Sit voor.