’n Anderste manier van tjips maak. Die groot, plat tjips word in die oond gaargemaak terwyl jy lekker kuier.

• 2 kg Mediterreense aartappels, geskil

• 500 ml sonneblomolie

• sout

Verhit oond tot 200 °C. Plaas aartappels heel in ’n kastrol. Bedek met koue water. Kook net 2 minute. Dreineer en laat effens afkoel. Sny elke aartappel in die lengte in 4 skywe. Gooi olie in ’n groot, diep bakplaat. Plaas in oond en verhit olie sowat 10 minute. Haal versigtig uit en pak aartappels in een laag in warm olie. Plaas terug in oond en oondbraai 1½ – 2 uur. Draai aartappels om halfpad deur gaarmaakproses. Wanneer gaar en bros, haal versigtig uit oond en dreineer op kombuispapier. Geur met sout.