genoeg vir 6 – 8

• 6 uie

• 125 ml olyfolie (sien bl. 52)

• 5 takkies vars tiemie

• sout en varsgemaalde swartpeper

1 Verhit oond tot 200 °C. Skil die uie.

Stap 1 Stap 1

2 Sny uie in skywe van sowat 2 cm dik.

Stap 2 Stap 2

3 Gooi helfte van olyfolie in oondbraaibak. Pak uie in een laag op olyfolie.

Stap 3 Stap 3

4 Plaas vars takkies tiemie bo-op en gooi res van olie oor. Geur met sout en peper en plaas in oond. Oondbraai 30 minute tot gaar. Skakel rooster-element van oond aan en rooster uie tot goudbruin. Sit warm voor.

Stap 4 Stap 4