Genoeg vir 6

• 280 g (500 ml) koekmeel

• 155 g (170 ml) sagte botter

• 30 ml yswater

Vulsel

• 40 g (45 ml) botter

• 45 ml olyfolie

• 2 knoffelhuisies, fyngekap

• 2 uie, in ringe gesny

• ekstra koekmeel vir uitrol

• 100 g sagte bokmelkkaas met kruie

• 2 patats met skil, in dun skywe gesny

• sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 180 °C. Plaas meel en botter in ’n voedselverwerker en verwerk by hoë spoed tot fyn krummels vorm. Gooi yswater by terwyl menger loop en verwerk tot mengsel in een bal saamkom. Draai deeg toe in kleefplastiek en laat rus 10 minute in yskas. Vulsel Verhit botter en olyfolie tot warm in groot braaipan. Voeg knoffel en uie by. Braai 5 – 8 minute of tot uie

sag en deurskynend is. Strooi ekstra meel op werkoppervlak en rol deeg tot sowat 5 mm dik uit met koekroller. Sny sirkel van 30 cm in deursnee uit deeg. Plaas deegsirkel op bakplaat wat uitgevoer is met bakpapier en goed gespuit is met kleefwerende kossproei. Smeer bokmelkkaas oor deegsirkel – los deegrand van sowat 2 cm rondom oop. Skep gebraaide uie op kaassmeer. Pak patatskywe bo-op uie. Vou skoon deegrand oor vulsels om ’n ronde kors te vorm – die vulsel bly oop in die middel. Geur goed met sout en peper. Bak 20 – 25 minute of tot goudbruin en gaar. Sit louwarm voor.