Knus om die tafel

Geniet hierdie brood wat oornag stadig in die yskas rys om dit ekstra geur te gee.

genoeg vir 6 – 8

• 45 ml heuning

• 100 ml louwarm water

• 250 ml jogurt

• 45 ml olyfolie

• 10 g kitsgis

• 500 g (890 ml) koekmeel

• 10 g sout

Plaas heuning, water, jogurt en olie in ’n groot mengbak (of bak van elektriese menger). Voeg res van bestanddele by en meng tot stywe, kniebare deeg vorm. Knie 5 – 8 minute of tot deeg glad is. Vorm deeg in bol en plaas op bakplaat wat goed met kleefwerende kossproei gespuit is. Plaas in yskas en laat minstens 8 uur of oornag rys.

Verhit oond tot 180 °C, of verhit ketelbraaier tot warm – jy moet jou hand 10 sekondes bo die kole kan hou. Onthou, die onderste ventilasiegate moet oop wees as jy brood bak. Haal deeg uit yskas en sny met skerp mes kepe aan bokant om dit mooi te laat lyk. Bak 25 – 30 minute of tot brood goudbruin en gaar is. Laat afkoel op afkoelrakkie en sit voor met botter.

Wenk: Jy kan die brood ook laat rys in ’n broodmandjie met mooi patrone.

Laai jou inkopielys af as ’n JPEG.

Oornagbrood Oornagbrood
FOTO Donna Lewis