(4 porsies)

  • 500 g pampoen, in skywe gesny met skil
  • 100 g (125 ml) suiker
  • 2 ml sout
  • 25 ml botter
  • 2 snye witbrood, in 9 blokke gesny
  • 3 stukke pypkaneel
  • 125 ml kookwater

Verhit oond tot 190 °C. Kry 'n oondvaste bak met 'n deksel en pak 'n laag pampoen onderin. Sprinkel suiker en sout oor, stip met botter, plaas 3 blokkies brood en 1 kaneelstok bo-op. Herhaal die lae. Gooi laastens kookwater oor en sit deksel op. Bak vir sowat 1½ - 2 uur tot pampoen sag is.