12 muffins

  • 250 g opgesnyde pampoenblokke
  • 280 g (500 ml) bruismeel
  • 1 ml sout
  • 2,5 ml fyn kaneel
  • 1 ml fyn neut
  • 2,5 ml koeksoda
  • 100 g (125 ml) suiker
  • 1 eier
  • 125 ml melk
  • 60 ml sonneblomolie

Stap 1. Verhit oond tot 180 °C. Kook pampoen tot sag. Dreineer en verpulp tot glad met staafmenger. Sif meel, sout, kaneel, neut, koeksoda en suiker saam in mengbak.

Stap 2. Klits eier, melk en olie saam in bakkie.

Stap 3. Voeg eiermengsel saam met verpulpte pampoen by droë bestanddele. Meng goed en maak seker daar is geen klonte nie.

Stap 4. Skep mengsel in ’n gesmeerde standaardmuffinpan met 12 holtes. Plaas in oond en bak 25 – 30 minute. Toets met dun pennetjie om seker te maak die muffins is gaar.