(sowat 12 - 16 koekies)

  • 5 eierwitte
  • 150 g (180 ml) strooisuiker
  • geel skil van 1 suurlemoen
  • knippie sout
  • 500 g (1 560 ml) klapper
  • 150 g pampoensaad
  • 200 g (360 ml) koekmeel
  • 5 ml kaneel

Verhit oond tot 180 °C. Sit eierwitte, strooisuiker, suurlemoenskil en sout saam in 'n mediumgroot mengbak - die bak moet stewig op 'n pot met kookwater pas, maar die water moenie aan die bodem van die bak raak nie. Plaas oor mediumhitte en klits tot dik en romerig, sowat 10 minute. Voeg klapper, pampoensaad, meel en kaneel by en meng goed saam. Voer 'n bakplaat met bakpapier uit en spuit met kleefwerende sproei. Gebruik 'n roomyslepel en skep balle van die beslag uit. Sit op bakplaat en druk plat tot sowat 1 cm dik (jy kan kleiner koekies ook maak). Bak vir 20 - 25 minute of tot goudbruin en gaar.